EntertainmentLifestyle

Perde, stalletjies en vermaak wag op besoekers van die Secunda Landbouskou

Hoewel die skou hoofsaaklik op perde fokus, sal daar ook verskeie stalletjies, eetgoed, kindervermaak en musiek wees

SECUNDA – Die vierde Secunda Landbouskou vind weer by Genade Vlakspruit Stoet langs C&F vanaf 26 tot 28 September plaas.

Hoewel die skou hoofsaaklik op perde fokus, sal daar ook verskeie stalletjies, eetgoed, kindervermaak en musiek wees.

Die perdeskou skop al die Donderdag met die eerste inhandklasse af.

Ruiters sal kan deelneem in verskeie klasse – van inhand tot tuigklasse, op Donderdag en Vrydag.

Die top vier in elke klas sal dan deurdring na die kampioenskap wat die Saterdag plaasvind.

Mnr. Gert Kotzé, eienaar van Genade Vlakspruit Stoet, het verduidelik die skou is oop vir alle perde en nie net Friesperde nie.

Perdekarre is deel van die Secunda Landbouskou.

“Die Friesperde-streekskou is wel deel van die Landbouskou en dien as kwalifiseerder vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Tulbach later vanjaar.

“Secunda Landbouskou het egter ook ‘n ope-afdeling waar enige perde welkom is. Ons nooi alle ruiters om hier te kom deelneem,” het mnr. Kotzé verduidelik.”

Die Vrydagaand gaan daar lekker rondom die braaivure met country musiek-vermaak gekuier word.

Skougangers kan uitsien na musiek van Armand die singende cowboy en sy perd tydens Saterdag se eindrondes.

Volgens mnr. Kotzé is daar ‘n verskeidenheid stalletjies om deur te snuffel en daar sal ook vermaak vir kinders wees soos ponieritte en springkastele.

Ruiters wat belangstel om in te skryf, kan vir me. Tanya Prinsloo kontak by 083 784 2464. Uitstallers kan me. Ilse Kotzé kontak by 072 468 4109.

Armand die singende cowboy tree vanjaar weer by die Secunda Landbouskou op.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button