EntertainmentLifestyle

Plaas jul weddenskappe op die duif wat eerste sal eindig vanaf Douglas

Uitslae sal op Saterdag 14 September tussen 7nm en 8nm aangekondig word en kontantpryse is op die spel vir die eerste drie plekke.

Standerton Posduifklub het met ‘n nuutjie vorendag gekom en gaan die gemeenskap op Donderdag 12 September die geleentheid gee om op duiwe te bie.

Die perdetent by die Standerton Landbou Skou sal sekerlik gepak wees vir die veiling wat om 8nm begin en die duiwe se uitslae sal vooraf op ‘n groot skerm vertoon word.

Mnr. Frik Verster van Van Wyk Lewende Hawe sal die weddenskappe behartig vir dié eerste skouwedvlug, waar elke klublid drie duiwe kon inskryf.

Ben Steyn sal in beheer wees van die duiwe wat Donderdag gemandjie word vir die wedvlug vanaf Douglas, ‘n goeie lugafstand van 587km.

Uitslae sal op Saterdag 14 September tussen 7nm en 8nm aangekondig word en kontantpryse is op die spel vir die eerste drie plekke.

“Ek sien uit na die veiling,” het David Armitage gesê.

“Dit is gewis ‘n eerste vir Standerton.”

Dié klub, wat reeds in 1941 gestig is, het net tong in die kies bygevoeg dat die duiwe die eiendom van die eienaar bly.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button