Kyk perde en luister na singende cowboy by die Secunda Landbouskou
Die skou is oop vir alle perde en nie net Friesperde nie, hoewel die Friesperde-streekskou ook deel van die Landbouskou sal wees en as kwalifiseerder vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Tulbach later vanjaar sal dien.
SECUNDA – Armand van der Merwe, die singende cowboy, tree vanjaar weer by die Secunda Landbouskou op.
Hy sal Saterdag tydens die perdeskou se eindrondes in aksie wees.
Die vierde Secunda Landbouskou vind weer by Genade Vlakspruit Stoet langs C&F vanaf 26 tot 28 September plaas.
Hoewel die skou hoofsaaklik op perde fokus, sal daar ook verskeie stalletjies, eetgoed, kindervermaak en musiek wees.
Die perdeskou skop al die Donderdag met die eerste inhandklasse af.
Ruiters sal kan deelneem in verskeie klasse – van inhand tot tuigklasse, op Donderdag en Vrydag.
Die top vier in elke klas sal dan deurdring na die kampioenskap wat die Saterdag plaasvind.
Die skou is oop vir alle perde en nie net Friesperde nie, hoewel die Friesperde-streekskou ook deel van die Landbouskou sal wees en as kwalifiseerder vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Tulbach later vanjaar sal dien.
Secunda Landbouskou het egter ook ‘n ope-afdeling waar enige perde welkom is.
Die Vrydagaand gaan daar lekker rondom die braaivure met country musiek-vermaak gekuier word.
Daar sal ‘n verskeidenheid stalletjies wees, asook vermaak vir kinders soos ponieritte en springkastele.
Ruiters wat belangstel om in te skryf, kan vir me. Tanya Prinsloo kontak by 083 784 2464.
Uitstallers kan me. Ilse Kotzé kontak by 072 468 4109.



