EntertainmentLifestyle

Dis tyd vir die 2019 Secunda Landbouskou

Dié skou vind vanaf 26 tot 28 September by die Genade Vlakspruit Stoet langs C&F Rigging plaas.

SECUNDA – Die tyd het aangebreek vir die vierde jaarlikse Secunda Landbouskou.

Dié skou vind vanaf 26 tot 28 September by die Genade Vlakspruit Stoet langs C&F Rigging plaas.

Hoewel die skou hoofsaaklik op perde fokus, sal daar ook verskeie stalletjies, eetgoed, kindervermaak en musiek wees.

Die perdeskou skop al die Donderdag af met die eerste inhandklasse.

Ruiters sal op Donderdag en Vrydag deelneem in verskeie klasse, van inhand tot tuigklasse.

Die top vier in elke klas sal deurdring na die kampioenskap wat die Saterdag plaasvind.

Die skou is oop vir alle perde en nie net Friesperde nie, hoewel die Friesperde-streekskou ook deel van die landbouskou sal wees en as kwalifiseerder vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap op Tulbach later vanjaar sal dien.

Secunda Landbouskou het egter ook ‘n ope-afdeling waar enige perde welkom is.

Die Vrydagaand gaan daar lekker rondom die braaivure met country musiek gekuier word.

Armand van der Merwe, die singende cowboy, tree vanjaar weer by die Secunda Landbouskou op.

Hy sal Saterdag tydens die perdeskou se eindrondes in aksie wees.

Dié dag sal daar ook ‘n verskeidenheid stalletjies en vermaak vir kinders soos ponieritte en springkastele wees.

Vir meer inligting en om uit te stal, skakel me. Tanya Prinsloo by 083 784 2464 of me. Ilse Kotzé kontak by 072 468 4109.

’n Ruiter haal sy vernuf uit met ’n twee-perdtuig tydens verlede jaar se Secunda Landbouskou.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button