Oosterland bied weer Business Unusual-geleentheid aan
Kaartjies sluit ’n driegang-maaltyd in
SECUNDA – Hoërskool Oosterland bied op Woensdag, 23 Oktober hul Business Unusual-geleentheid by Secunda Toyota aan.
Die voormalige senior visie-president van Sasol Chemies, mnr. Sieb Sieberhagen, gaan een van die sprekers wees, asook prof. Theo Venter, bekende politikus en ontleder aan die Noord-Wes Universiteit.
Hy gaan oor onsekerhede in vandag se ekonomiese tyd praat.
Die geleentheid begin om 6nm en kaartjies kos R350 per persoon en sluit ‘n driegang-maaltyd in.
Dié geleentheid, wat ook verlede jaar aangebied is, het sakelui die kans gebied om met ander ondernemings te skakel.
Vir meer inligting, of om te bespreek, stuur ‘n WhatsApp-boodskap na 082 447 3815 of 082 786 0134 of stuur ‘n e-pos na clessing982@gmail.com of bemarking@oosterland.co.za.



