André Vermeulen eindig sesde in “Shot in the dark”-kompetisie
Hy het vroeër vanjaar, na die eerste ronde van die kompetisie die tweede plek in die top 10 deelnemers, met slegs 1.50 punte minder as die eerste plek, opgeraap.
Mnr. André Vermeulen van Bottomless Blessings Koffiebrandery op Ermelo en die wenner van die 2019 “Shot in the dark”-kompetisie, het onlangs weer aan die unieke kompetisie deelgeneem.
Hy het vroeër vanjaar, na die eerste ronde van die kompetisie die tweede plek onder die top 10 deelnemers, met slegs 1.50 punte minder as die eerste plek, opgeraap.
Die standaard van dié kompetisie het vanjaar nuwe hoogtes bereik, met slegs 10 punte verskil tussen die top 10 deelnemers.
Na afloop van eindronde, het mnr. Vermeulen algeheel sesde in die kompetisie geëindig. “Father Coffee” van Rosebank het as die wenners uit die stryd getree.
Hy het vertel dat elke deelnemer vanjaar Rwanda, Uganda en Guatemala-koffiebone ontvang het en daarna dié bone op elke deelnemer se eie masjien gerooster is en aan die beoordelaars teruggestuur is.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



