EntertainmentLifestyle

Secunda-sanger Renaldo wil vanjaar eerste volledige album vrystel

Sy nuutste liedjie kan op YouTube en verskeie ander webwerwe en musiektoeps afgelaai word.

SECUNDA – Renaldo Alberts wat op Secunda grootgeword het, het in November sy eerste enkelsnit, Hoe Hoog, asook dié liedjie se musiekvideo, bekendgestel.

Die kunstenaar, Shoneill, het dié liedjie vir Alberts geskryf.

Renaldo is tans ’n derde jaar-student aan die Universiteit van Pretoria waar hy vir ’n B.Com-graad in besigheidstudies studeer.

Hy was ’n leerder aan Hoërskool Secunda.

Renaldo Alberts beplan om in September sy eerste volledige album vry te stel. (Foto: Verskaf)

Hy beplan om later ook sy honneursgraad in besigheidstudies te voltooi.

Hy was 14 jaar oud toe hy by feeste, skole en spesiale geleenthede begin optree het.

Renaldo het op skool aan die Eisteddfod en ander talentkompetisies deelgeneem en was tydens sy laerskoolloopbaan Amerika toe om daar aan ’n talentsoek-kompetisie deel te neem.

Hy was ook na Turkye waar hy aan ’n kompetisie deelgeneem het.

Volgens sy ma, me. Annemarie Alberts, is Renaldo gevra om terug te gaan na verskeie van dié talentkompeties en om in Amerika te bly, maar hulle wou hê hy moes eers sy skoolloopbaan voltooi.

Renaldo is talentvol op die sportveld ook.

Hy het op skool rugby gespeel en het twee jaar vir die Blou Bulle se 0/16- en 0/18-rugbyspanne gespeel.

Hy speel tans vir die Harlequins Rugbyklub as dit nie inperking is nie.

Renaldo Alberts beplan om in September sy eerste volledige album vry te stel. (Foto: Verskaf)

Hy was tydens sy eerste studentejaar saam met ’n rugbyspan na Amerika op ’n toer waar hulle sewesrugby gespeel het.

Renaldo bestee nou tyd in die gimnasium en doen skopboks-oefeninge om fiks te bly.

Hy beplan om in Maart sy volgende enkelsnit wat hy self geskryf het, bekend te stel en om teen September sy eerste volledige album vry te stel.

Hy sing in die Doxa Deo Kerk se orkes en was nog altyd lief vir die Here.

Sy nuutste liedjie kan op YouTube en verskeie ander webwerwe en musiektoeps wat Deezer, Spotify, Apple Music en Google Play insluit, geluister en afgelaai word. Verskeie radiostasies het al sy liedjie gespeel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button