Droom jy daarvan om op groot verhoë te pronk?
Die inskrywings sluit op 20 Junie.

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste kan jou die geleentheid gee.
Die provinsiale direkteur vir Mpumalanga van Uitvoerende Kunste, me. Jana Claassens, het belangstellendes genooi om in te skryf vir dié geleentheid.
Deur die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunstenaars, kan belangstellendes die geleentheid kry om as amateurs of professionele uitvoerende kunstenaars hul provinsiale en Suid-Afrikaanse kleure verwerf.
Dit is ook die enigste platform waar kunstenaars aan die Wêreld Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles in Amerika kan deelneem.
Die Wêreld Kamioenskap word ook die Olimpiese Spele vir Uitvoerende Kunste genoem.
Alle belangstellende dansers, akteurs, sangers, mense wat instrumente bespeel, modelle en gimnaste kan me. Claassens skakel by 078 911 0454 om vir ’n oudisie in Nelspruit te gaan of besoek die webwerf www.sacopa.co.za. Die inskrywings sluit op 20 Junie.



