Secunda VLU-vroue geniet uitstappie na Kriel

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 10 Junie by te woon.

Vroue van die plaaslike VLU-tak het op 6 Mei ’n uitstappie na Covy’s Craft Cave in Kriel geniet.

Kobie Pretorius van die Secunda-tak het vir die vroue ’n werksklas aangebied en die proses van ‘sublimation’ gewys.

Gerda Büter, voorsitter van die VLU se Hoëveld-streek, het ook die uitstappie meegemaak en die werksklas bygewoon.


a woman holds up two mugs
Lüdia Swart wys haar beker wat sy per ongeluk onderstebo gemaak het. Foto: Verksaf.

Die vroue het die geleentheid gehad om items te maak deur middel van die ‘sublimation’-proses.

Die VLU Secunda-tak se volgende vergadering is op 10 Junie om 08:30 vir 09:00. Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lenell le Roux by 082 828 4371 of Anèl Pretorius by 076 249 3902.


ALSO READ: Municipality’s failed project concerns eMbalenhle residents

ALSO READ: Hawks arrest another person in massive drug lab investigation in Standerton area

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button