Local news

Hennie Bekker spreek Bethal se VLU-vroue toe

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 23 Junie by te woon.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder het in Mei vir die VLU Bethal-tak se maandelikse vergadering, by dié tak gaan inloer.

Bekker het die vroue toegespreek en hulle meer van AfriForum se projekte op Bethal vertel.

Bekker het gesê AfriForum het 170 takke landwyd en dit is op dorpsvlak wat dié organisasie toe hulle volle reg kom.

“Elke dorp het sy eie uitdagings en AfriForum se siening is dat ons nie gaan wag dat iets gedoen word nie, maar dat ons dit net doen,” het Bekker gesê.


LEES OOK: Sasol hosts Farmers’ Day in Secunda


Van die projekte wat AfriForum op Bethal op ’n gereelde basis aanpak, is om slaggate te vul, skoon te maak en om groente te kweek en die opbrengs aan behoeftiges te skenk.

AfriForum se Bethal-tak fokus tans op die N17-snelweg en maak gereeld om die snelweg skoon en sny die gras.

Bekker het die vroue ook meer vertel van AfriForum se deurlopende saak teen Rand Water wat al in 2019 geopen is.

“Ons skryf ons sukses by AfriForum toe aan die hulp wat ons van die gemeenskap kry,” het Bekker gesê.


LEES OOK: Dominators Den op Secunda bied weer manne-oggend aan


“Ons het in 2019 ’n noodwaterprojek geloods en in 2024 2.5 miljoen liter water wat deur boere geskenk is, aan die gemeenskap voorsien.

“Ons het vanjaar, sover al 400 000 liter water voorsien.”

Die Bethal VLU-tak vergader weer op 23 Junie by die NG Kerk Bethal-Oos-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button