Local newsNews

Vier een kroon by NG Culembeeck

One Crown tree by die NG Kerk Culembeeck op hierdie September.

Die Christelike groep One Crown gaan op Woensdag 18 September by die NG Kerk Culembeeck optree, en die kerk nooi die hele gemeenskap om die aand saam te kom geniet.

Jeugwerker by die kerk, Marius Hulme het die Record meer oor die opwindende geleentheid vertel.

“Ons jeuggroepies probeer jaarliks om ‘n paar geleenthede te reël, maar hierdie jaar is een van die groter geleenthede waarvoor ons regmaak.”

One Crown is ‘n Christelike groep wat reeds drie albums vrygestel het naamlik Grace, Verander vir ander en Kwesbaar.

Die groep het mekaar in Potchefstroom ontmoet waar hulle almal studeer het. Hendri Hofmeyr (sanger en ritmiese kitaarspeler), Werner Taljaard (trommespeler), Lourens de Jongh (begeleidende kitaarspeler) en Ryno Jansen (baskitaarspeler) gaan by die NG Kerk Culembeeck op dié aand se jeugvergadering aansluit vir pret, plesier en lofsang.

Marius vertel dat die optrede gratis is, “want hierdie is ‘n gemeenskapsverreiking”.

“Daar is baie jongmense daar buite wat nie weekliks by ‘n jeuggroep kan of wil betrokke raak nie en wat moontlik hul geloof op hul eie moet voed.

“Hierdie is spesiaal vir hulle, en ook vir ander inwoners – jeug of nie.”

Die groep tree om 6.30nm op 18 September by die jeugvergadering by die kerk op. Vir verdere inligting kontak gerus vir Marius Hulme by 083 660 1592. Meer inligting oor One Crown kan op hul webtuiste, www.onecrownband.co.za verkry word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button