NewsSchools

Roodies skink ‘n koppie vir Cansa

Tweede fondsinsamelingsgeleentheid vir die bestryding en behandeling van kanker gehou.

Gaste en onderwysers het uitgehaal en gewys met die opmaak van hul tafels by Laerskool Roodekrans se onlange fondsinsamelingsgeleentheid.

Roodies het ‘n Cuppa for Cansa-oggend aangebied waar kuns opgeveil is en gaste hul gate uit geniet het met ‘n teepartytjie, sê Marike Cronjé, ‘n onderwyseres.

Altesaam is R43 000 ingesamel wat tussen Cansa, die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal en die Childhood Cancer Foundation South Africa (Choc) verdeel sal word.

Cronjé het gesê dat die skool vroeër vanjaar ook hul eie Shavathon gehou het waartydens R23 000 vir Cansa ingesamel is.

Sien ‘n gallery van foto’s van die geleentheid hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button