Leerlinge wat Verbruikerstudies as ‘n vak neem by Hoërskool Roodepoort, het onlangs ‘n voorreg te beurt geval wat in die toekoms hulle soektog na werk ‘n bietjie makliker kan maak.
Roodies is die enigste skool aan die Wes-Rand wat aan hulle verbruikerstudie-leerlinge die geleentheid bied om jaarliks die City and Guilds vereniging se eksamen af te lê.
Leerlinge wat kwalifiseer ontvang ‘n sertifikaat wat internasionaal erken en aanvaar word as ‘n intree kwalifikasie in die hotel en restaurant wese.
Dié leerlinge staan onder leiding van Heidi Cassarotto wat die sertifikate ontvang het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



