NewsSchools

Kruiners wys hoofleiers aan

Hoofleiers by spoggeleentheid aangewys

Laerskool Helderkruin het onlangs hul leiers en taakrade vir volgende jaar by ‘n spoggeleentheid aangewys.

Tydens die geleentheid is al die Graad 7-leerders in verskillende taakrade soos die sportraad, gemeenskapsraad, kultuurraad en sosiale raad ingedeel. Die doel van die taakrade is om vir elke leier ‘n spesifieke taak en plig te gee om gedurende die jaar te vervul.

Die hoofleiers is ook tydens die geleentheid aangekondig. Die onderhoofdogters is Liezl Cloete en Celeste Viljoen. Die onderhoofseuns is Dian Huyser en Brenton Branco. Mienke Rossouw is as hoofdogter aangewys en Hendrik Beyleveld as hoofseun.

Hanli-Mari Olivier, die kommunikasiekoördineerder van die skool het die volgende gesê, “Die Kruiners wens julle alle voorspoed toe vir 2017. Mag julle in die jaar wat kom in die voetspore volg van die Een wat die grootste leier van alle tye was. Onthou, ons lei deur voorbeeld. Bly nederig en getrou en, soos John C Maxwell sê, ‘Ons lei deur self die pad te loop, te wys en te ken.'”

Lees ook

Laerskool Helderkruin se OppiKruin Fees

Laerskool Helderkruin gee die pas aan met nuwe telbord

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button