Editor's choiceNewsSchools

Kruiners se inkleurvernuf beloon

Leerder wen geskenk vir sy pa

Die leerders van Laerskool Helderkruin het onlangs die geleentheid gehad om groot pryse met hul inkleurvernuf te wen.

Century 21 Wes-Rand het ‘n Tour de France Vadersdag-inkleurkompetisie aangebied en meer as 400 leerders het ingeskryf.

Die eerste prys was ‘n geskenkmandjie vol heerlike bederfitems vir pa, die tweede prys was ‘n I-Jump-geskenkbewys en die klas wat die meeste inskrywings ingestuur het, het ‘n heerlike wegneemete van McDonald’s gewen.

‘n Graad 2-leerder, Liam Meintjies, is as die algehele wenner van die kompetisie aangewys en het met die geskenkmandjie vir sy pa weggestap. Danika Scheepers (Graad 3) het die tweede prys gewen en die wenklas was Graad 1B.

“Baie dankie aan die maatskappye wat die pryse geborg het, asook al die leerders, onderwysers en ouers wat verseker het dat die kompetisie suksesvol was,” het Elain Erasmus van Century 21 gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button