Dit mag dalk 60 jaar later wees, maar Alwyn en Griet Taljaard is nog net so verlief soos die dag toe hulle trou aan mekaar beloof het.
Alwyn, 82, en Griet, 83, het mekaar in September 1955 by Alwyn se ouerhuis in Bethlehem ontmoet. “Ons is drie jaar later, op 5 Julie 1958 getroud, en was nog nie een dag spyt nie. Ons is steeds dolgelukkig getroud,” het Griet vertel.
Die paartjie wat in Lindhaven woon het drie seuns, sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders.
Hul resep vir ‘n gelukkige huwelik is baie eenvoudig. “Dit is net deur God se liefde en genade. Vir ons is eerlikheid en verdraagsaamheid ook baie belangrik in ons daaglikse lewe. As jy God altyd eerste in jou huwelik stel, sal die res bygevoeg word,” het Griet gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!