NewsSchools

KYK HIER: Havies se Wilde Weste Visserfees was groot pret

Daar was iets vir oud en jonk

 

Laerskool Dr Havinga het weereens ‘n baie suksesvolle Kaskardag aangebied.

Die tema van vanjaar se Kaskardag, wat een van die skool se groot fondsinsamelingsprojekte is, was Wilde Weste en het iets vir oud en jonk gebied.

Die aktiwiteite is afgeskop met leerders van Graad R tot 7 wat mekaar die stryd op die kaskarbaan aangesê het. Die kompetisie was straf maar groot pret. Na die wedrenne was almal weer groot vriende.

Die hoogtepunt van die dag was definitief die personeelitem. Die onderwysers is in die rooi- en blouspan (of Cowboys en Crooks) opgedeel en het mekaar behoorlik laat les opsê, tot groot vermaak van die ouers en leerders langs die baan.

Daar is ook groot pryse weggegee, en besoekers kon ‘n verskeidenheid speletjies speel asook heerlike eet- en drinkgoed by die stalletjies koop.

Leon Visser, die skoolhoof, het die dag afgesluit deur elke onderwyser, leerder, ouer asook die borge, vir hul ondersteuning te bedank. “Sonder elkeen se bydrae sou hierdie dag nie so ‘n sukses kon wees nie,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button