Local newsNews

Suksesvolle Herfs-boeremark by Klein Helderkruin

Die dag is baie goed ondersteun

 

Klein Helderkruin Aftree-oord se onlangse Herfs-boeremark was ‘n baie groot sukses en het iets vir ‘n ieder en ‘n elk gebied.

Besoekers kon heerlik aan ‘n boereworsrol, pannekoek of poeding smul terwyl hulle tussen die verskeidenheid stalletjies deurgestap het en kon kies en keur tussen pragtige handgemaakte lappoppe, gebreide teddiebere, handsakke, boeke, parfuum en nog baie meer.

Agter: Freda van Eeden en Annette Malan. Voor: Rita van Rensburg. Foto’s: Adéle Bloem.

Vir dié wat so ‘n bietjie wou asem skep was daar ook ‘n spesiale plekkie om te sit en ‘n koppie heerlike koffie of tee te geniet.

Vir die jongspan was daar ‘n springkasteel, wat verseker het dat ma en pa met ‘n geruste hart die dag kon geniet.

Belinda Smal het gesorg dat al die koffieliefhebbers ‘n heerlike koppie koffie kon geniet.

Daar is ook verskeie pryse deur middel van gelukstrekkings weggegee. Colla Hanekom was een van hierdie gelukkige wenners, en het met ‘n groot vleisgeskenkpak weggestap.

Annette Malan, die organiseerder van die mark het gesê, “Ek bedank graag elkeen wat by vandag se mark betrokke was vir hul hulp en ondersteuning. Daarsonder sou ons nie so ‘n suksesvolle mark kon aanbied nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button