Nicole le Roux, ‘n leerder van Hoërskool Florida, het onlangs op verskeie gebiede baie goed presteer.
Sy het gedurende die Maart-skoolvakansie as ambassadeur van die Gautengse Kinderparlement opgetree en was die seremoniemeester by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Isibindi-seremonie.
Sy het ook tydens die afgelope Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskappe twee gouemedaljes verower.
Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte het gesê, “Baie geluk, Nicole! Florries is trots op jou.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



