Bianca Bloem en Ricardo Dias (Hoofleiers: Sosiaal) by die boom wat geplant is.
Die leerders van Hoërskool Bastion het hierdie jaar Lentedag gevier deur hul omgewing te verfraai. In plaas daarvan om blomme plant, het hulle besluit om inheemse bome en struike te plant.
Elke klas van Graad 8 tot 11 het die geleentheid gehad om self die boom van hul keuse te plant. Die leiergroep van aanstaande jaar het nie net saam met hul onderskeie klasse een geplant nie, maar het ook, as groep, hul eie boom geplant.
Elkeen het ‘n handjie bygesit, en die boom was sommer gou-gou in die grond, gereed om te begin groei.
Zandré du Toit is gereed om die boom te plant.Die boom wat deur die leiergroep van aanstaande jaar geplant is.Twee leiers hard besig om hul boom te plant om Lentedag te vier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.