Zanelle McKittrick, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Bastion, het die afgelope skoolvakansie besonder goed in haar sangkompetisies presteer.
Sy het in die Suid-Afrikaanse Kids-kompetisie na die finale rondte deurgedring, en tydens die Pacisa-kompetisie twee goue- en twee silwertoekennings gewen. Die Pacisa-kompetisie is onlangs in Suid-Afrika begin om dans-, vokale, drama- en intrumentale talent te ontdek.
Sy neem tans aan ‘n plaaslike sangkompetisie deel, en het reeds na die halfeindrondte deurgedring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



