NewsSchools

Carpe Diem kleuters deel hoop

Die inhoud van die bottels kan by twee liter water gevoeg word, en nadat dit gekook is, is dit 'n heerlike en voedsame ete vir 'n hele gesin.

Mens is nooit te jonk om die belangrikheid van omgee en hoop te leer nie, en dit is presies wat die kleuters van Carpe Diem Kleuterskool gedoen het met hul Bottels van Hoop-projek.

Zander Stoop is hard besig om sy bottel met lagies te pak.

Annelize Floor, die hoof van Carpe Diem, het gesê, “Dit was die perfekte geleentheid om die kleuters te leer hoe belangrik dit is om vir ander mense om te gee. Ons het vir hul elkeen ‘n leë koffiebottel gegee en hulle het dit gevul met ‘n verskeidenheid gedroogde sopgroente en rys, wat hulle dan vir iemand in nood kon gee.”

Sy het bygevoeg dat dit nodig is om in onseker tye soos hierdie, die omstandighede vir die kinders in perspektief te plaas, en het gesê, “Kinders hoor gesprekke van hul ouers, en radio- en televisienuus, maar verstaan nie altyd alles nie. Kinders kan op ‘n jong ouderdom al leer om vir ander mense om te gee en uit te reik.”

Avah Hechter gooi sopppoeier in vir ‘n lekker geur.

Die inhoud van die bottels kan by twee liter water gevoeg word, en nadat dit gekook is, is dit ‘n heerlike en voedsame ete vir ‘n hele gesin.

“Die bottels is by die skool gevul en elke maatjie het trots sy bottel huis toe geneem en met hul ouers se hulp vir iemand gegee wat daarby sou baat,” Annelize het afgesluit.

Kaytlyn Rambuda is gereed om uit te deel.
De Wet Opperman gooi die groente in sy bottel.
PJ van Zyl deel sy Bottel van Hoop uit.
Karli Venter met haar Bottel van Hoop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button