NewsSchools

KYK: Florries pronk met hul danspassies

Die nuutste deelnemers aan hierdie gewilde dans is die lede van Laerskool Florida se eersterugbyspan

Die musiektreffer, Jerusalema van die Suid-Afrikaanse platejoggie, Master KG het oornag die hele land aan die gons (en dans) gehad, wat tot die populêre #Jerusalemadancehallenge gelei het.

Die lirieke van die liedjie, wat deur Nomcebo Zikode gesing word, vra vir God se leiding en is ‘n gepaste geleentheid vir elkeen, nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die hele wêreld, om bymekaar te kom en dit wat sover vermag is, te vier.

Die nuutste deelnemers aan hierdie gewilde dans is die lede van Laerskool Florida se eersterugbyspan, wat nie skaam was om hul danspassies ten toon te stel nie. Die video is op die skool se Facebook-blad geplaas met die volgende boodskap, “In die lig van Covid-19 sê ons dankie aan al ons medeskole wat saam met ons ‘n ondersteuningsnetwerk skep vir leerders en onderwysers. Ons nooi almal uit om saam met ons gees te vang! Go Florida! #Answerthecall”

Die volgende skole is uitgedaag om ook deel te neem – Hoërskool Florida, Curro Krugersdorp, Weltevreden Park Primary School, Laerskool Krugersdorp-Noord, Hoërskool Noordheuwel en Laerskool Helderkruin.

Kyk na die video hier: 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button