NewsSchools

Hoërskool Florida floreer in die skadu van hul 75 jaar oue palmbome

As gevolg van die pandemie, onderrig die skool tans hul leerders in twee blokke, wat beteken dat die verjaardag twee keer gevier is

Onderwys is die hoeksteen van ‘n groot aantal samelewings en ‘n barometer van uitnemendheid. So dien Hoërskool Florida se 75 jaar oue palmbome as die maatstaf van prestasie.

Die ikoniese palmbome is by die ingang waar hulle die leerders en onderwysers daagliks herinner aan hul geskiedenis en tradisies. Die kultuur wat deel is van elke aktiwiteit van die skool is met verloop van 75 jaar verfyn, en op Woensdag, 9 September het die skool se welverdiende verjaardagvieringe begin.

Kyk hier:

As gevolg van die pandemie, onderrig die skool tans hul leerders in twee blokke, wat beteken dat die verjaardag twee keer gevier is. Daar is Woensdag en Donderdag twee nuwe palmbome geplant, en die hoofsportveld het albei aande ‘n inryteater geword.

Katrina Steyn het in haar toespraak die ooreenkoms tussen die skool en hul leerders uitgelig. “Net soos die bome wat langs mekaar staan, het hulle dieselfde gedoen en baie storms deurstaan.” Sy het ook die jeug aangemoedig om ‘groot te droom en tot hul volle potensiaal te groei’.

In die komende weke sal nog 75 palmbome geplant word, wat die skool se toewyding bevestig om die nalatenskap van diegene wat dit die toppunt van skolastiese uitnemendheid gemaak het, voort te sit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button