NewsSchools

KYK: Hoërskool Bastion raak introspektief en kunstig

Die temas, wat 'ironie' en William Golding se roman Lord of the Flies insluit, is op alle moontlike maniere geïnterpreteer – van makaber en broeiend tot introspektief.

2020 kan heel moontlik bekend staan as die jaar van die kunstenaar, aangesien dit ‘n wit doek bied wat vra om beskilder te word. Isolasie, ontbering en chaos kan onstuimige emosies wek en bewys dat die grootste inspirasie uit swaarkry, spanning en angs kan kom.

Graad 10-, 11- en 12-leerders van Hoërskool Bastion het uiteindelik die kans gekry om hul artistieke talente op 8 September ten toon te stel. Met die skoolsaal as hul galery het die skilders, beeldhouers en visuele storievertellers hul werk vir eweknieë en personeel gewys. As gevolg van die Covid-19 pandemie kon die publiek ongelukkig nie self na die betowerende beelde wat uitgestal is, gaan kyk nie.

Kyk hier:

Die temas, wat ‘ironie’ en William Golding se roman Lord of the Flies insluit, is op alle moontlike maniere geïnterpreteer – van makaber en broeiend tot introspektief. Een van die uitstaande uitstallings was dié van Tiago Croucamp, wat geïnspireer is deur die Renaissance-era en wat die vermeende volmaaktheid van standbeelde teenoor die onvolmaaktheid van die mensdom geïllustreer het.

Ander opvallende stukke was Lehandri Heevers se verkenning van innerlike duisternis, Micayla Nel se omstrede bevraagtekening van die geskiedenis, Dwayne Griffin se toepassing van impressionisme en ekspressionisme, sowel as Briget Dreyer se uitdrukking van emosie deur kleur. Kunsonderwyser Bianca Fourie was verheug oor die pogings van die groep en verwag groot dinge van hulle. “Ons is almal baie trots op hulle. Ek hoop dat hulle nooit ophou om hulself deur hul kuns uit te druk nie,” het sy gesê.

In enige ander jaar sou beoordelaars kritiek op die potensiële meesterwerke lewer, maar vanjaar word foto’s daarvan geneem en weggestuur. Dit sal natuurlik nie dieselfde wees as om eerstehands die ware emosie van hierdie kunswerke se pragtige teksture, indrukwekkende kwashale en die besondere detail te ervaar nie. Alhoewel digitale middele nou nodig mag wees, sal niks die siel van ‘n kwas op ‘n doek oortref nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button