Die musiektreffer Jerusalema van die Suid-Afrikaanse platejoggie, Master KG, het oornag die hele land aan die gons (en dans) gehad, wat tot die populêre #Jerusalemadancehallenge gelei het.
Die lirieke van die liedjie, wat deur Nomcebo Zikode gesing word, vra vir God se leiding en is ‘n gepaste geleentheid vir elkeen, nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die hele wêreld, om bymekaar te kom en dit wat sover vermag is, te vier.
Die leerders en onderwysers van Laerskool Helderkruin het die uitdaging aanvaar wat Laerskool Florida se eersterugbyspan aan hulle gerig het, en hul eie video van hierdie dansuitdaging op hul Facebook-blad geplaas.
Kyk hier na die video:



