NewsSchools

Ontmoet Laerskool Helderkruin se nuwe hoofleiers

Laerskool Helderkruin het op 23 November ses uitstekende leerders gekies om hulle medeleerders in die nuwe jaar te lei.

Aangesien hierdie jaar einde se kant toe staan, en die Graad 7-leerders binnekort met hul volgende groot avontuur begin, moet nuwe leerders gekies word om leiers vir 2021 te wees.

Laerskool Helderkruin het op 23 November ses uitstekende leerders gekies om hulle medeleerders in die nuwe jaar te lei.

Robin Steenkamp, Dané Herselman en Estee-Mari Smit saam met Laerskool Helderkruin se Adjunkhoof, Riaan van der Watt. Foto: Verskaf.

Dané Herselman en Reuwan Henning is gekies as die skool se hoofdogter en -seun. Die verkose onderhoofdogters is Robin Steenkamp en Esteé-Mari Smit, en die onderhoofseuns is Ethan Barker en Alexander Galatis.

Laerskool Helderkuin wens hulle nuwe hoofleiers sterkte toe vir die jaar wat voorlê en hoop dit gaan ‘n vreugdevolle jaar vir hulle wees.

Laerskool Helderkruin se Adjunkhoof, Riaan van der Watt, saam met Alexander Galatis, Ethan Barker, en Reuwan Henning. Foto: Verskaf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button