NewsSchools

Havie Haasbekkies verwelkom nuwe Graad RR’s en Graad RRR’s vir die nuwe jaar

Julle gaan op 'n lekker manier leer en sommer baie slim word.

‘n Skool se identiteit kan van kleins af by ‘n kind gekweek word en kan die toon aangee vir die prestasies van die toekoms.

Die Havie Haasbekkies het die bal aan die rol gesit toe hulle hul nuwe Graad RR’s en Graad RRR’s op hul eerste dag, 26 Januarie, verwelkom het. Ten spyte van die uitdagings het almal positief gebly en ouers, onderwysers en die kleintjies was almal baie opgewonde om die nuwe jaar te begin.

Wynand Britz. Foto: Verskaf.

Kinderontwikkeling floreer deur persoonlike interaksie, maar die talentvolle onderwysers by Haasbekkies sal alles doen om die perfekte leeromgewing te verseker. “Dit was ‘n groot voorreg om vanoggend ons nuwe Havie Haasbekkies se Graad RRR- en RR-leerders te ontvang,” het Junique Beyer, Graad R-graadhoof gesê. “Ons leef tans in onseker tye maar ons streef daarna om hierdie jaar die ekstra myl te stap om sover moontlik ‘n stabiele opvoedkundige jaar te verseker,” het sy bygevoeg.

Blake Loots. Foto: Verskaf.

Junique het ook ‘n spesiale boodskap vir die nuwe kinders gehad, en sy het gesê, “Ons wens al ons Haasbekkies ‘n wonderlike jaar toe propvol avontuur. Julle gaan op ‘n lekker manier leer en sommer baie slim word.”

Tye kan moeilik wees, maar as hierdie Haasbekkies eendag terugkyk op hul reis, sal hierdie vreemde begin net ‘n vae herinnering wees.

Jaenai Dutton. Foto: Verskaf.
Juffrou Calené Breet en Wynand Britz. Foto: Verskaf.
Michelle, Kobus en Geraldine Havenga. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button