NewsSchools

KYK: Talent in oorvloed by Laerskool Helderkruin

Twee Laerskool Helderkruin-leeders gaan in Julie Los Angeles toe om Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste te verteenwoordig .

Terwyl meeste leerders vir die einde van die vierde kwartaal gewag het, is twee spesiale meisies van Laerskool Helderkruin Rustenburg toe om hul talent vir Suid-Afrika te wys.

Kyk hier: 

Estée-Mari Smit en Leané Nortjé het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (SACOPA) deelgeneem wat van 3 tot 12 Desember daar aangebied is. Die twee leerders het Gauteng verteenwoordig en meegeding met deelnemers van regoor die land. Hul prestasies was uitstekend en al twee is tot die Suid-Afrikaanse span verkies wat in Julie aan die Wêreldkampioenskappe in Los Angeles gaan deelneem.

Leané tydens haar balletoptrede. Foto ingestuur.

Estée-Mari is een van die twee Kruiner-onderhoofdogters vir 2021, en het vyf goue-, ses silwer-, en vyf bronsmedaljes verower vir haar prestasies in drama, dans, en modelwerk. Leané is ‘n Graad 6-leerder en het vyf goue-, agt silwer-, en een bronsmedalje verower vir haar klavierspel, dans en drama.

Kyk hier:

 

Estée en Leané is altyd besig met nuwe kompetisies en het ook reeds baie ander toekennings verower. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat al twee meisies vir die wêreldkampioenskappe kwalifiseer.

Esteé-Mari Smit. Foto verskaf.

Ons kan sekerlik wonderlike dinge van dié twee jong meisies verwag. “Julle maak ons Kruiner-familie baie trots. Sterkte met die Wêreldkampioenskappe,” het die hoof van Laerskool Helderkruin, Peet Badenhorst gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button