NewsSchools

Jong leier doen sy deel om ander se lewens te verbeter

'n Graad 7-leerder by Laerskool Dr Havinga het klere ingesamel om minderbevoorregtes te help.

Inspirerende leierskap word gekenmerk deur onbaatsugtige optrede en goeie dade.

Een van die nuwe groep skoolleiers van 2021, Devee Heyns van Laerskool Dr Havinga het besluit om sy spesiale platform te gebruik om die beste in sy skool na vore te bring. Devere het met ‘n veldtog begin om minderbevoorregtes te help. “Die week waarin Laerskool Dr Havinga die skool se leiers bekend gestel het, het hy so besluit. Hy wou iets goeds doen vir sy skool,” het sy ma, Bianca vertel.

Devere Heyns. Foto: Verskaf.

Devere het reeds gehelp om 23 swart sakke vol klere in te samel. Die items wat geskenk is, kan ‘n wye verskeidenheid behoeftige mense help aangesien die skenkings deur die gemeenskap van babaklere tot werkklere vir volwassenes insluit. Dié items wat aan die skool oorhandig is, gaan aan die Tsepang-gemeenskapsentrum geskenk word, wat hulp verleen aan die inwoners van die Princess informele nedersetting.

‘n Baie trotse Bianca het gesê, “Devere het ‘n goeie hart en hy kan nie ‘n ander sien swaarkry nie. Hy sê graag dankie aan almal wat hom ondersteun met sy projek. Saam maak ons ‘n verskil.” Die toekoms van die gemeenskap is blink wanneer die jeug ander se welstand vooropstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button