NewsSchools

Roodies wys dat hulle omgee op Hemelvaartdag

Daar is ook verskillende omgeeprojek geloods wat met Hemelvaart saamgeval het. Die leiers moes voorleggings doen oor gemeenskapsprojekte waarby hulle betrokke wou raak.

Hemelvaartdag word tradisoneel 40 dae na Paassondag gevier, en volgens die Christen-geloof herdenk dit die dag waarop Jesus na die Hemel opgevaar het.

Laerskool Roodekrans het vanjaar Hemelvaart op 14 Mei virtueel gevier deur ‘n Microsoft Teams-diens wat gelei is deur pastoor Marius Keyter. Leiers het die stamme van die bome by die onderskeie skoolhekke in wit lap toegedraai en ligblou kruise gebruik as ‘n subtiele herinnering aan die belangrikheid van die dag. Die Graad 4- tot 7-leerders het ook op die sportveld gestaan en ‘n kruis gevorm. Hoërskool Noordheuwel-matriekleerling Blake Harding het met behulp van ‘n hommeltuig ‘n skouspelagtige lugfoto saamgestel waardeur dié besondere oomblik verewig is.

Daar is ook verskillende omgeeprojek geloods wat met Hemelvaart saamgeval het. Die leiers moes voorleggings doen oor gemeenskapsprojekte waarby hulle betrokke wou raak. Met die Jas Uit Jou Kas-projek is sakke vol wintersklere ingesamel vir Cross Connect. Elke graad is gevra om verskillende produkte by te dra ten bate van die organisasie, wat tans ‘n nuwe huis vir ma’s en kinders bou.

Dit was nie net die ouer leerders wat by die projekte betrek is nie. Roodieland (die kleuterskool), en die Graad 1- en 2-leerders het kitspap en langlewemelk vir Tjokkertjies vir Jesus Kleuterskool in Krugersdorp geskenk. “Roodies hoop dat hierdie skenking ‘n paar Tjokkertjies se magies sal vul en ‘n bietjie sal help,” het die skool gesê.

Laerskool Roodekrans glo nog altyd dat hulle sterker saam is, en dat die Roodie-gesinne die Roodie-waarde van omgee waarlik uitgeleef het met hierdie projekte, waarvoor die leiers baie dankbaar is. Dit was veral heerlik om te sien hoe leiers selfs tydens pouse die klere en produkte sorteer het, sonder enige volwassene se hulp. Soos die stensils op die donasiebokse sê – #Roodiesgeeom!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button