NewsSchools

Talentvolle Kruiner beïndruk weer

Vroeër vanjaar het Leané aan die Oos-Rand Kunstefees deelgeneem, waar sy uitstekend presteer het. Sy is as 'n finalis vir die dans- en drama-kategorie gekies, en op Saterdag, 28 Mei het sy met die topfinaliste in alle dans- en dramastyle 'n tydens 'n galageleentheid meegeding.

Die Roodepoort-gemeenskap het in die afgelope paar maande vir Leané Nortjie baie beter leer ken. Die Laerskool Helderkruin-leerder is een van die gemeenskap se talentvolste lede. Alhoewel sy nog altyd uitgeblink het in haar buitemuurse aktiwiteite, blyk dit dat sy vanjaar die toekennings inryg.

Vroeër vanjaar het Leané aan die Oos-Rand Kunstefees deelgeneem, waar sy uitstekend presteer het. Sy was ‘n finalis in die dans- en dramakategorie, en op Saterdag, 28 Mei het sy met die topfinaliste in alle dans- en dramastyle meegeding tydens ‘n gala-glansgeleentheid waar Dawid Louw as seremoniemeester, en André Velts, Juanita de Villiers, Izak Davel en Lee Scott as beoordelaars opgetree het.

Leané Nortje by die Oos-Rand Kunstefees. Foto: Oos-rand Kunstefees Facebook.

Leané is aangewys as die algehele Graad 6-dramawenner, en as die algehele Laerskoledanswenner. Sy is ook aangewys as die algehele dansmedewenner saam met Hannah Macintosh. “In ons Dansafdeling is daar bewegings wat ons nie eers dink om te doen nie,” het die span van die Oos-Rand Kunstefees gesê. “Ons Dansdeelnemers is van baie hoë gehalte. Leané het pragtig gedans. Baie geluk Leané, jy was fantasies,” het hulle afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button