NewsSchools

Kruiners wys hul hart

Die gemeenskap en talle Kruiner-families het die projek by die skool ondersteun.

Saterdag, 3 Julie het Laerskool Helderkruin vir die tweede jaar hul #WysJouHart-projek aangebied./

Die projek is verlede jaar geloods ten bate van families in die skool wat weens Covid-19 ‘n terugslag ervaar het. Volgens Karen Lourens, projekbestuurder en onderwyser by Laerskool Helderkruin verleen die skool op ‘n gereelde basis hulp aan 13 families.

Donasies het ingestroom vir mede-Kruiner families. Foto: Ingestuur.

“Ons het gou besef dat die mense nie kos het om te eet nie en wou hulle help. Ons het geweet ons moet dit op ‘n veilige manier doen om al die Covid-19 maatreëls na te kom. Daarom het ons ‘n donasie ‘Drive-Thru’ gehou,” het Karen verduidelik.

Die gemeenskap en talle Kruiner-families het die projek by die skool ondersteun. Volgens Karen en Cherise Dreyer, wat ook die projek bestuur, het elke graadgroep lysies van benodighede ontvang wat hulle kon skenk.

Donasies het ingestroom vir mede-Kruiner families. Foto: Ingestuur.

Daar was onder andere blikkieskos, langlewemelk, pasta, toiletware, skoonmaakmiddels, souse, en klere en komberse op die lysies. Hulle beoog om alle oorblywende produkte aan Cradle of Hope – ‘n niewinsgewende organisasie in Krugersdorp – te skenk.

“Die ondersteuning was ongelooflik. Dis so lekker om te sien hoe baie ons Kruiner-familie vir mekaar omgee. Ons is baie dankbaar vir elkeen wat tot hierdie projek bygedra het en almal wat iets geskenk het,” het Karen gesê.

Related Articles

Back to top button