Local newsNews

‘Ons mis jou, mamma’

Deidré is 'n week na haar 53ste verjaardag oorlede weens Covid-19 verwante komplikasies.

Soos die Covid-19 pandemie voortwoed, word die lys van geliefdes en vriende wat aan die dood afgestaan word, al hoe langer.

Melissa Coetzer het hierdie huldeblyk aan haar ma geskryf:
Op Woensdag, 7 Julie is Deidré Thoresson, geliefde vrou, ma en vriendin op die ouderdom van 53 oorlede – ‘n week na haar verjaarsdag. Sy sal altyd onthou word deur haar eggenoot, Richard Thoresson, dogters Melissa Coetzer en Minette Thoresson, asook haar skoonseun Reinhardt Coetzer.

Deidré was altyd daar vir almal, liefdevol met hulp en raad, hoogs intelligent en ‘n goeie humorsin. Al hierdie eienskappe het haar immer gewild by almal gemaak. Haar liefde was eerlik en opreg.

Dit sou onregverdig wees van ons om te sê jy het die stryd verloor aangesien jy nooit ophou baklei het nie. Ons kon sien jy het elke dag hard baklei. Al is ons harte rou en seer, weet ons, ons sal mekaar eendag weer sien. Rus sag, veilig by ons Heer.

Omdat iemand vir wie ons lief is in die hemel is, is daar nou ‘n bietjie hemel in ons huis.

Rus nou sag by oupa en ouma, mammie… ons mis jou verskriklik en jou plek is leeg hier by ons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button