Local newsNews

Militêre veterane maak hul harte oop

Die vergaderings word nie net gehou om die kameraderie tussen lede te behou en te bevorder nie.

Op Saterdag, 31 Julie het die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SADFA) Dixie-eenheid se Militêre Veterane bymekaar gekom om komende projekte te bespreek.

Dié dapper mans en vroue wat geveg het vir die vryheid wat ons vandag het, vergader ongeveer een keer ‘n maand om te gesels oor verskeie onderwerpe van belang. Die vergaderings word nie net gehou om die kameraderie tussen lede te behou en te bevorder nie, maar ook om hulp te verleen aan ander militêre veterane in nood.

Kapelaan Christian Finn het Saterdag se vergadering met gebed geopen, waarna hul voorsitter, Casper Turner die vergadering gelei het. Idees en raad rondom hulpverlening vir die militêre gemeenskap in nood is bespreek, en daar was verskeie voorstelle vir potensiële inisiatiewe.

“Ons het ook gesels oor hulpverlening in geteisterde gebiede, hoe om die militêre gemeenskap te help met berading, en ook om families in die eenheid te help waar moontlik,” het Markus Jooste, kommunikasiebeampte van die Dixie-eenheid vertel.

Elke lid het hul insette gelewer en elke punt op die agenda is deeglik bespreek. Daarna is daar lekker gesels oor ‘n koppie koffie en heerlike verversings.

Markus nooi alle militêre veterane wat op enige manier sukkel of deel wil wees van hul eenheid om hom te kontak by 079 419 9885. Belangstellendes is ook welkom om vir Casper te skakel by 082 097 9040.

Hul volgende vergadering word beplan vir Saterdag, 28 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button