NewsSchools

Kruiner kook in Wiskunde Olimpiade

Jayden was egter die enigste leerder wat vir die derde rondte gekwalifiseer het.

Laerskool Helderkruin spog met een van hul Graad 5-leerders, Jayden Barker wat onlangs baie goed gevaar het tydens die tweede rondte van die SAMF (South African Mathematics Foundation) se SA Mathematic Challenge vir 2021.

DiĆ© wiskundeboffin het ‘n merkwaardige 75% tydens die rondte behaal. Hy was een van meer as 30 Kruiners wat deurgedring het na die tweede rondte van die kompetisie, maar hy was die enigste een wat vir die derde rondte gekwalifiseer het wat na verwagting in September sal plaasvind.

Die eerste twee rondtes het onderskeidelik in Maart en Mei plaasgevind.

Die kompetisie is daarop gemik om onder meer belangstelling in wiskunde by leerders te kweek; om probleemoplossing in wiskunde-onderwys te bevorder; en om die belangrikheid van lees in wiskundige aktiwiteite te beklemtoon

Laerskool Helderkruin is trots op Jayden en wens hom sterkte toe met die volgende kompetisie wat binnekort plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button