Local newsNews

Constantia Kruin Kerk vier die begin van 2022 met ‘n spesiale skaapbraai

Senior lede van die gemeente is getrakteer op 'n seldsame dag van sosiale pret

Die Constantia Kruin Kerk het hul jaarlikse Skaapbraai op Vrydag, 28 Januarie gehou.

Die twee braaimeesters, Barend Buys en Nick van der Merwe het die skaap reeds van 07:00 af aan die roterende staaf laat draai. Terwyl die geure die mae laat grom het, het die Kruinpark Boereorkes die aanwesiges met tradisionele klanke getrakteer totdat dit tyd was vir middagete.

Constantia Kruin Skaapbraai. Foto: Jarryd Westerdale.

‘n Handvol van die jonger vroue van die gemeente het die bykosse voorberei en teen 12:00 was die sappige skaap gereed om saam met aartappels, mieliepap en ‘n verskeidenheid slaaie bedien te word. Die heerlike ete is saam met wyn geniet wat strategies op die tafels geplaas is.

Carol en Winston Klein. Foto: Jarryd Westerdale.

As gevolg van Covid-19 is die skaapbraai die afgelope twee jaar nie gehou nie, maar vanjaar kon die tradisie van meer as 20 jaar hervat word. “Ons doen dit elke jaar om die jaar positief te begin. Dit is ook ‘n lekker geleentheid vir die senior lidmate om ‘n bietjie uit te kom. Hulle het vertel hoe eensaam hulle was en nou kan almal nie ophou praat nie,” het dominee Anton Fick glimlaggend vertel.

Nic van der Merwe en Anton Fick. Foto: Jarryd Westerdale.

Die kerk bied dienste in onderskeidelik Afrikaans en Engels in aparte tydgleuwe aan. “Die preke is baie interessant en hulle het almal werklike toepassings. Ons het deur die Covid-tydperk baie bemoediging ontvang en gereeld oproepe van die kerkkantoor gekry om te hoor hoe dit met ons gaan,” het een gemeentelid, Carol Klein gesê.

Francois and Ute van Aswegen. Foto: Jarryd Westerdale.

Anton het al sy gemeentelede bedank wat van die dag ‘n groot sukses gemaak het deur Romeine 12 vers 4–5 aan te haal, “Want net soos ons in een liggaam baie lede het, maar die lede nie almal dieselfde funksie het nie, so vorm ons in Christus, al is ons baie, een liggaam, en elke lid behoort aan al die ander”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button