Local sportNewsSchoolsSport

Hokkiespeler maak Florries trots

Sy het selfs doelwagter vir 'n binnehuise o.11-seunspan gespeel.

Laerskool Florida se Domunique Nel is vreeslik opgewonde oor die hokkieseisoen wat voorlê nadat sy onlangs in die D12 Distrikspan opgeneem is.

Dit volg nadat dié 11-jarige die o.13-doelwagter tydens die PSI (Pro Series Indoor) Nationals was en in Desember aan die nasionale hokkietoernooi deelgeneem het. Domunique en haar span het algeheel derde geëindig en sy is boonop as die Doelwagter van die Toernooi aangewys.

Sy neem ook deel aan verskeie vorms van hokkie, naamlik binnehuise hokkie, buitehokkie en Fast 5, om net ‘n paar te noem.

Domunique en haar span het algeheel eerste in die Fast 5-toernooi geëindig. Sy het selfs doelwagter vir ‘n binnehuise o.11-seunspan gespeel waar hulle algeheel derde plek in die toernooi behaal het.

Die jong atleet het boonop later in 2021 aan die Sub Youth Interprovincial (Klub Atletiek SA’s) deelgeneem waar sy ‘n algehele sewende plek in haar gewigstootkategorie behaal het. Sy het ‘n totaal van 906 punte op die ABSA tabel.

Laerskool Florida wens haar sterkte toe met die jaar wat voorlê en glo dat sy nog hoër hoogtes sal bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button