Local newsNewsSchools

Havies vier leesdag

Voordat hulle doeltreffend kan lees, is dit belangrik om gereeld te oefen en hul verbeelding te gebruik.

Om ‘n boek oop te maak, jou oë oor die woorde te laat dans en te verstaan wat daar staan, word dikwels deur volwassenes as vanselfsprekend aanvaar.

Vir kinders is dit egter ‘n bietjie meer uitdagend omdat hulle eers moet leer lees voordat hulle kan verstaan wat hulle voor hulle sien. Voordat hulle doeltreffend kan lees, is dit belangrik om gereeld te oefen en hul verbeelding te gebruik.

Die Havies lees lekker. Foto: Alanicka Lotriet.

Laerskool Dr Havinga het op Woensdag, 2 Februarie Wêreld-hardopleesdag saam met die res van die wêreld gevier om ‘n liefde vir lees by hul leerders te kweek.

Daar is vir die grondslagfaseleerders voorgelees terwyl die groter maats self kon lees. Daar is boonop video’s uitgeruil met leerders van ander lande wat in hul moedertaal gelees het.

Die Havies lees lekker. Foto: Alanicka Lotriet.

“Die Havies het die tradisie dat al die grade, van RRR tot 7, elke Woensdag op dieselfde tyd lees. Die hoof, Marius Swanepoel sê dat lees ‘n priorieit by die Havies is aangesien dit die grondslag van leer vorm,” het grondslagfase-departementshoof, Lizelle Kies vertel.

Die Havies lees lekker. Foto: Alanicka Lotriet.

“Die leerders geniet dit vreeslik en die onderwysers doen so baie moeite vir die kinders. Dis vir ons regtig lekker om saam met hulle ‘n liefde vir lees te kweek. By die Havies weet ons lesers is leiers.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button