Local newsNews

Kerk ondersteun minderbevoorregte kleingoed

Die uitverkopings word elke twee maande gehou, en Ouda maak staat op donasies van die gemeente.

Die NG Kerk Culembeeck het op Woensdag, 2 Februarie hul bekende sypaadjie-uitverkoping aangebied nadat Covid-19 die afgelope twee jaar ‘n stokkie daarvoor gesteek het.

Volgens gemeentelid en organiseerder, Ouda Nel reël sy al die afgelope 20 jaar soortgelyke uitverkopings ten bate van verskeie fondsinsamelingsprojekte.

Grace Kamwendo ondersteun die projek. Foto: Alanicka Lotriet.

“Vir die afgelope paar jaar het ons ‘n kleuterskool in Munsieville ondersteun, maar weens Covid-19 en verskeie ander faktore kan ons hulle nie meer help nie, en ons wil nou ‘n ander hulpbehoewende kleuterskool identifiseer wat ons kan help,” het sy vertel.

Die uitverkopings word elke twee maande gehou, en Ouda maak staat op donasies van die gemeente en die gemeenskap om die projek aan die gang te hou. Dié donasies word dan teen baie bekostigbare pryse aan die gemeenskap terugverkoop.

Hanna Beyleveldt en Ouda Nel. Foto: Alanicka Lotriet.

‘n Paar vroue in die gemeente maak en brei ook graag klere vir minderbevoorregte kleuters.

“Ons is nou weer goed aan die gang en maak dus solank fondse en klere bymekaar. Hiermee wil ek graag dankie sê aan elkeen in die gemeente en die gemeenskap wat iets vir ons geskenk het vir hierdie doel. Ons sien daarna uit om dit weer oor twee maande te doen,” het Ouda vertel.

Alice Natala met ‘n paar items wat sy gekoop het. Foto: Alanicka Lotriet.

Indien jy iets wil skenk of meer wil weet, skakel gerus vir Ouda by 072 486 3131 of Hanna by 011 762 3296.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button