Local newsNews

Jong Kruiner tuis voor die kameras

Micke Lee Botha sal na verwagting haar eerste verskyning in 'n kortfilm genaamd Mense en hul dinge op televisie maak.

’n 11-jarige leerder van Laerskool Helderkruin is vinnig besig om vir haarself naam te maak danksy haar groot liefde vir toneelspel en drama.

Micke Lee Botha sal na verwagting haar eerste verskyning in ‘n kortfilm genaamd Mense en hul dinge op televisie maak. Volgens die Graad 6-leerder het sy die rol van Lientjie losgeslaan – ‘n minderbevoorregte dogter wat staat maak op ‘n beurs om haar skoolloopbaan te voltooi.

Volgens Micke Lee is sy deur ABS Produksies gekies vir Speeltoneel 2020.

“Ek doen modelwerk vandat ek drie was. Toe die pandemie my in 2020 verhoed het om modelklasse by te woon, wou ek graag iets anders probeer om besig te bly. My ma het toe die Speeltoneel voorgestel, en na ‘n week daarvan het ek besef dat ek eintlik daarvan hou,” het sy vertel.

Sy het gevolglik onder die mentorskap van bekende Afrikaanse aktrise, Christel van den Berg haar eenjaar virtuele kursus suksesvol voltooi. Daarna is Micke Lee genooi vir ‘n oudisie in Parys waarna sy ‘n verdere vier maande lange kursus voltooi het. In die tydperk was sy onder die mentorskap van bekende Afrikaanse sanger en akteur, Izak Davel.

Gelukkig is die verhoog nie vreemde terrein vir dié gladdebekkie nie aangesien sy graag elke jaar aan verskeie skool- en ATKV-redenaarskompetisies deelneem.

“Dis vir my baie lekker omdat ek soveel nuwe dinge kan leer, en elke keer daaraan werk om dit beter te doen as die vorige keer,” het Micke Lee vertel.

Die kortfilm sal na verwagting van 14 tot 18 Februarie in Oranjeville geskiet word. Die skool wens haar graag baie geluk omdat sy gekies is om saam met bekende akteurs in die kortfilm te speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button