NewsSchools

Roodies se atlete presteer by D12

Hulle het boonop 'n uitmuntende vier nuwe rekords in die sak.

Laerskool Roodekrans se topatlete het op Woensdag, 16 Februarie hul staal gewys tydens die D12 Kampioenskappe wat by die Ruimsig Atletiekstadion plaasgevind het.

Dié kampioenskappe waaraan Johannesburg-Wes se topatlete deelgeneem het, is deur die Roodepoort Atletiek en Landloop Komitee aangebied. Lede van die komitee sluit in personeel van Laerskool Roodekrans asook Laerskool Dr Havinga.

Roodies in aksie. Foto: Verskaf.

Roodies-skoolhoof en byeenkomsvoorsitter, Deon Rousseau het met groot entoesiamse sy opgewondenheid oor die byeenkoms gedeel.

“Dit is wonderlik om na Covid die geleentheid te hê om te kan deelneem – die prestasies bly ‘n bonus,” het hy vertel.

Laerskool Roodekrans is trots daarop dat hul atlete tien eersteplekke, 17 tweedeplekke en 15 derdeplekke verower het. Hulle het boonop ‘n uitmuntende vier nuwe rekords in die sak.

Leerders wat nuwe rekords opgestel het:
• Milé Olivier
• Isabella Steynberg
• Keagan Els
• Logan de Kooker

Roodies in aksie. Foto: Verskaf.

“Ons wil graag al ons puik atlete sterkte toewens vir die Gauteng Kampioenskappe. Ons weet hulle het ongelooflik hard gewerk in die afseisoen en gedurende hierdie atletiekseisoen om hulle beste prestasies te behaal. Ons as Roodies is baie trots op hulle,” het Deon ten slotte vertel.

Roodies in aksie. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button