Local newsNews

Bekroonde musiekbemarker vereer

Lydia Winchester het persoonlik bygedra tot die goue loopbane van Suid-Afrika se beroemdste musieksterre insluitend Gé Korsten, Leon Schuster, Anneli van Rooyen en Rina Hugo.

Die vrou met ‘n persoonlikheid so vurig soos haar bloedrooi hare is onlangs vereer met ‘n dokumentêre rolprent oor haar loopbaan as deel van die TV-reeks, Legendes van Afrikaanse Musiek.

Dit is niemand anders nie as die veelbekroonde musiekbemarker, Lydia Winchester wat op Sondag, 20 Maart talle bekendes in die bedryf genooi het om in haar opwinding te deel. Hulle was verheug om na die uitsending op kykNET NOU! saam met Lydia by die Irish Rock Little Falls te kyk.

Die gaste geniet die geleentheid. Foto: Alanicka Lotriet.

Dié ikoon se gaste het bekendes soos Rina Hugo, Johan en Riaan van Rensburg, 4 Eva Young, Yolanda Barnard, Pedri, Liza-Marie Naudé, RNK, David Divaad, Marius, Anton Dekker, Frikkie van Biljon, Angelique sowel as kykNET se Lorika en Janine Opperman ingesluit.

“Dit was vir my baie belangrik dat die jonges na die program kyk en sien wat in die bedryf aangaan,” het Lydia vertel.

Toe sy gevra is wat die uitsending vir haar beteken het, was haar reaksie, “Wow, wow! Die wêreld”.

Haar gaste is boonop verras met ‘n heerlike mangogegeurde jenewer wat ter ere van haar deur Black Crow Gin bekendgestel is. Sy sien daarna uit om dié nuwe alkoholiese verversing binnekort by ‘n bekende inkopiesentrum bekend te stel.

Lydia Winchester geniet die spesiale geleentheid. Foto: Alanicka Lotriet.

“Dit was ‘n wonderlike dag. Ek wil graag dankie sê aan elkeen wat daar was en natuurlik Irish Rock – Little Falls,” het sy ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button