Local newsNewsSport

Rolbalklub vier Menseregtedag

Na 'n bedrywige oggend is die spelers se deursettingsvermoë met heerlike boereworsrolle vergoed.

Elke jaar maak talle plaaslike rolbalspelers ‘n knoop in die oor om nie die Witpoortjie Rolbalklub se alombekende byeenkoms ter viering van Menseregtedag mis te loop nie.

Freddy Goods, Bridget Calitz en Jaydee Herselman geniet die geleentheid saam. Foto: Alanicka Lotriet.

Vanjaar was geen uitsondering nie toe 16 spanne van tot so ver as Fochville die kans aangegryp het om dalk met die R2 400-kontantprys weg te stap.

Alhoewel nat weer op Maandag, 21 Maart gedreig het om die spel te bederf, het deelnemers die ligte reën trotseer deur reënjasse oor hul skouers te trek en hul kompetisie uit te daag.

Eddie Tromp in aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

Discovery Rolbalklub se Adriaan Aggenbach is uiteindelik as die wenner aangewys.

Na ‘n bedrywige oggend is die spelers se deursettingsvermoë met heerlike boereworsrolle vergoed waarna hulle aan ‘n jolige Donkie Derby deelgeneem het. Volgens organiseerder, Tommy Smith was dit terselfdertyd ook ‘n fondsinsameling om dit vir hul spelers met gestremdhede moontlik te maak om aan die nasionale rolbalkompetisie deel te neem.

“Ons waardeer elkeen wat deelneem en die dag saam met ons geniet het. Dis nie aldag maklik om spanne te kry nie, en daarom is elke speler se toewyding vir ons belangrik. Ons is dankbaar vir elkeen se insette in die byeenkoms en in die sport as geheel,” het hy ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button