Local newsNewsSchools
Horie-onnie is ‘Afrigter van die Jaar’
Die glansgeleentheid is deur die Futballing Girls NPO in Johannesburg aangebied.

Laerskool Horison-onderwyser Anri Vermaas het onlangs haar skool se naam hoog gehou toe sy spesiale erkenning gekry het vir haar bydrae tot sport van primêre tot senior vlak.
Op Vrydag, 25 Maart het dié passievolle onderwyser die toekenning vir ‘Afrigter van die Jaar’ by die jaarlikse 2022 Gauteng Vroue in Sport-toekennings ontvang. Die glansgeleentheid is deur die Futballing Girls NPO in Johannesburg aangebied, en finaliste van onder andere die Wes-Rand, Ekurhuleni, Johannesburg, Tshwane en Sedibeng het dit bygewoon.
Die toekennings word sedert September 2018 gedoen en is sedertdien in vyf distrikte in Gauteng bekend gestel.
Die Horie-familie is trots op Anri, en vertrou dat sy net nog hoër hoogtes tydens die komende sportseisoen sal bereik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.