NewsSchools

Kruiner-leiers word ingehuldig

Die leierinhuldiging het op 9 April by die skool plaasgevind.

‘n Aantal Laerskool Helderkruin-leerders het onlangs hul blou baadjies vir die gesogte rooi baadjies verruil toe die skool hul nuwe leiers vir die jaar tydens ‘n spogseremonie ingehuldig het.

Hayden Vorster en Kara-Mia Botma. Foto: Alanicka Lotriet.

Die leierinhuldiging het op 9 April by die skool plaasgevind waartydens trotse ouers hul kinders se oorgang van leerder tot leier kon waarneem.

Die nuwe Kruiner-hoofleiers is soos volg:
• Hoofseun: Hayden Vorster
• Hoofmeisie: Kara-Mia Botma
• Onderhoofseun: Joshua Lubbe
• Onderhoofseun: Jaydon Jubber
• Onderhoofmeisie: Mareli King
• Onderhoofmeisie: Danica Fourie

Laerskool Helderkruin is trots op hul nuwe leiers en wens hulle sterkte toe vir die res van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button