NewsSchools

Hories sê hul sê

Tydens die geleentheid op 12 Mei het 20 deelnemers per afdeling hul argumente aan die gehoor gestel

Laerskool Horison se sprekers weet beslis hoe om hul sê te sê aangesien twee van hulle onlangs uitsonderlik presteer het tydens die halfeindrondte van die ATKV-redenaarskompetisie.

Hulle is Reuben Pelzer (Graad 5) en Johno Griffiths (Graad 1). Tydens die geleentheid op 12 Mei het 20 deelnemers per afdeling hul argumente aan die gehoor gestel. Daarna is die Top 10 in elke afdeling gekies, en daarna die Top drie om aan die nasionale eindrondte deel te neem.

Johno Griffiths het sy skool se naam hoog gehou. Foto: Verskaf.

Die skool is in hul skik dat Reuben negende in die Gauteng-Wes se Top 10 geëindig het. Johno het ook groot opslae gemaak toe hy derde in sy afdeling geplaas het, en dus deurdring het na die nasionale eindrondte.

Reuben Pelzer sien uit na die eindrondte. Foto: Verskaf.

Dié geleentheid sal na verwagting op 16 Augustus by Buffelspoort plaasvind.

Die Horie-familie is trots op die twee seuns wat die skool se naam hoog gehou het en wens terselfdertyd vir Johno sterkte en voorspoed toe vir die eindrondte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button