NewsSchools

Roodie-toneelgroep wen Pronk Podium

Die Roodie-familie bedank ook graag vir Suné Senekal wat die leerders afgerig het en nooit geskroom het om ekstra oefensessies in te werk nie.

Laerskool Roodekrans is opgewonde om aan te kondig dat hul Roodie-toneelgroep onlangs as die wenners van die Aardklop Pronk Podium-kompetisie weggestap het met hulle produksie Fort Beaufort.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/05/26/roodie-toneelsterre-palm-toekennings-in-roodies-blink-uit-by-tjokkertoneel-2/

Gedurende die spoggeleentheid het Laerskool Swartkop tweede geëindig met hul produksie, Kamp Nickerball en Laerskool Tygerpoort derde met hul produksie, Vertroetel.

“Julle is ware ambassadeurs vir Laerskool Roodekrans. Dankie vir jul harde werk, lang ure se oefening oor naweke, en opoffering op baie gebiede,” het die skoolhoof Deon Rousseau gesê.

Die Roodie-familie bedank ook graag vir Suné Senekal wat die leerders afgerig het en nooit geskroom het om ekstra oefensessies in te werk nie.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2022/06/04/roodie-ruiters-blink-uit-roodie-ruiters-presteer/

“Weereens het Roodies nederig en hardwerkend gewys waartoe hulle in staat is. Ons is baie, baie trots op julle,” het die hoof gesê.

Die hoof, beheerliggaam, bestuurspan, personeel en Roodie-familie wens die leerders geluk met hul welverdiende eerste plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button