Kruiner-ruiter hoog op nasionale ranglys
Dressage Gauteng is deel van Dressage Suid-Afrika wat die beheerligaam vir Dresssage is.
Laerskool Helderkruin se Leandri Herselman het op Sondag, 14 Augustus die Dressage Gauteng-prysuitdeling bygewoon.
Dressage Gauteng is deel van Dressage Suid-Afrika wat die beheerligaam vir Dressage is. Hulle word ook deur die South Africa Equestrian Federation sowel as die SA Olimpiese Komitee (SASCOC) erken.

Dié gesogte geleentheid het by die Kyalami Equestrian Park plaasgevind waar Leandri behoorlik uitgeblink het.
Die passievolle ruiter en haar ponie Aced-It het ‘n silwermedalje ontvang vir hul tweede posisie op die ranglys vir 2021 in die kategorie Pony Rider Prelim. Leandri is boonop algeheel derde op die nasionale ranglys. Wat dié prestasie so indrukwekkend maak is dat die ranglys nie volgens ouderdom saamgestel word nie, maar volgens klas.
Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/03/25/kruiners-se-superruiter/
Sy het ook kort daarna verneem dat sy vir die SANESA Gautengspan gekies is vir Dressage Pony Rider Novice en Working Riding vlak 5. Leandri en Aced-It sal dus meeding in die SANESA Nasionale Kampioenskappe wat tussen 30 September en 4 Oktober by Kyalami Equestrian Park plaasvind.
Die skool is trots op die leerder en wens haar sterkte toe met die kampioenskappe wat voorlê.



