Die Tradisionele Boeremusiekklub vul Havies se saal vol kultuur
"Ons moet ons tradisionele boeremusiek bewaar en laat voortleef."
Die Tradisionele Boeremusiekklub (TBK) se Wes-Rand-tak het ‘n groot makietie in Laerskool Dr Havinga se saal gehou.

Die geleentheid het boeremusiek-liefhebbers op Saterdagaand, 4 Februarie lekker besig gehou. Wonderlike musiek van die Outydse Klanke Orkes, Robbie Holm, Roelf Faber, Hugo Radley en Martin Dorfling het die saal gevul. Lede en nie-lede van die TBK het die dansvloer aangepak en die aand deur gesokkie.

Die TBK se volgende byeenkoms sal op 11 Februarie te Eligwa Laerskool in die Vaaldriehoek plaasvind. Flip Snyman, ondervoorsitter van die TBK-tak, het in sy verwelkoming die gaste bedank en gesê, “Ons moet ons tradisionele boeremusiek bewaar en laat voortleef.”

Hy het ook genoem dat hulle graag nuwe en jong lede wil verwelkom in die TBK in en sodoende die toekoms van die TBK en die tradisionele Afrikaanse kultuur en musiek bewaar.

Om aan te sluit of selfs net meer inligting oor die volgende TBK byeenkoms te kry, skakel gerus vir Flip by 082 624 5308 of om kennisgewings van TBK se byeenkomste te ontvang, SMS “JOIN 1516” na 32013.
LEES MEER:



